Safari in the night , with a campfire going amd people that braai meat on the fire

Wat doen ʼn man wat te veel probleme het?

Hy BRAAI dit uit.

Alle oplossings

Ons Vuurtjie Storie

Hoe het ons begin

Ek het Bosrand Group begin omdat my laaste braai sonder speserye was...
Ja, die vleis het soos ou skoenleer geproe, en my vriende het my gespot daaroor.
Genoeg is genoeg.
In my Nelspruit-kombuis het ek die veld in 'n bottel gepak:
rookpaprika, knoffel, blare, en 'n klein geheim — SOUT.
Daar was Bosrand Braai Sout gebore.
Hoekom Braai Sout en nie speserye nie? — want jy kort die SOUT van die aarde om jou vleis weer karakter te gee.

Ons Missie

Ons hou die Afrikaanse vuur aan die gang – letterlik en figuurlik.
Met ’n yskoue ding in die hand, ’n stuk vleis wat nog na die bees ruik, en ’n ordentlike, onbeskofte goeie spesery wat nie skaam is om sy man te staan nie.
Ons gooi ekstra hout op.
Ons gooi ekstra sout op.
En ons lag hard, drink rustig, en braai reg – want dis hoe die storie nog altyd gegaan het.
En dis hoe ons gaan aanhou.
Tot die laaste kole doodgaan.
Of tot die laaste braai broodjie op is.
(Wat natuurlik eersgenoemde is.)
Vuur. Vleis. Speserye. Tradisie.
Ons staan daarvoor.

Produkte

Braai handboek

1

Kry jou braaier reg

Plaas die braaier op gelyke grond, maak jou vuil rooster skoon met 'n staalborsel sodat jou braaier blink, want jou huis is mos nie vuil as mense kom kuier nie.

2

Steek die vuur aan

Steek jou hout aan die brand 30 tot 45 minute voordat jy egter wil begin braai (dit mag dalk langer vat as jou pel heeltyd hout opgooi).

3

Gooi Bosrand Braai Sout op jou vleis

Gooi daai sout wat jou ieweskielik laat borshare groei op jou vleis, en moet nie speel nie!!!

4

Pak dit op die braaier

Sit jou goed gesoutde, geur gedrewe vleis op jou braaier en spasieer dit eweredig oor die vuur.

5

Braai tot perfeksie

Draai jou vleis gereeld om te verseker dat dit nie brand nie. As jou mond begin water, weet jy dis reg.

6

Laat rus en geniet!

Haal jou vleis uit die braaier en laat hom rus vir 5-10 minute sodat daai sappe in die vleis gestoor word. Ons vra net mooi om jouself te gedra en dit te geniet.